Estnies eesti keel | ||
---|---|---|
Uitspraak: | [ˈeːsti ˈkeːl] | |
Gepraat in: | Estland Letland Rusland (Pskof-oblast Petseri distrik) | |
Gebied: | Noord-Europa | |
Totale sprekers: | ca. 1,1 miljoen[1][2] | |
Taalfamilie: | Oeraals Fins-Oegries Fins-Permies Fins-Wolgaïes Fins-Samies Oosseefins[3] Estnies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet (Estniese variant) | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Europese Unie Estland | |
Gereguleer deur: | Instituut van die Estniese Taal / Eesti Keele Instituut (semi-amptelike) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | et
| |
ISO 639-2: | est
| |
ISO 639-3: | est
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Esties (eesti keel [ˈeːsti ˈkeːl] amptelike taal van die republiek Estland. Die taal, wat ook Estnies, Ests, of Estlands genoem word, het ongeveer 1 miljoen sprekers. Daarmee is dit op twee na (ná Yslands en Maltees) die kleinste taal in Europa wat op alle vlakke (in wetgewing, regspraak, die wetenskap en letterkunde) gebruik word. Die eerste Estniese boek het in 1535 verskyn.
) is dieEstnies behoort tot die Fins-Oegriese tale, en binne die familie tot die Oosseefinse tale. Tot dié groep tale, wat rondom die Finse Golf gepraat word, behoort ook Fins, 'n taal wat die meeste Estlanders sonder veel moeite kan verstaan. Omgekeerd geld dit egter minder: benewens die verwantskap tussen die tale speel dit ook 'n rol dat die Estlanders vertroud is met Fins, byvoorbeeld omdat hulle steeds Finse televisie kan ontvang en omdat Estland druk besoek word deur Finse toeriste.
Estnies is nie verwant aan Lets of Litaus nie en ewemin aan Russies. Afrikaans is in der waarheid as Indo-Europese taal nader aan die drie tale as Estnies.
Estnies gebruik die Latynse alfabet, aangevul deur die klinkertekens ä, ö, ü en õ. Die laaste teken staan vir 'n tipies Estniese klinker wat gevorm word deur die tong te plaas asof 'n o uitgespreek word en die lippe daarby te trek. As beginletters kom b, d en g slegs in woorde voor wat uit vreemde tale ontleen is. Sowel klinkers as medeklinkers kan kort, lank en ekstra lank wees. In Estniese spelling word grotendeels slegs die verskil tussen kort en lank weergegee en wel deur die letter dubbel te skryf: sada 'honderd' vs. saada 'om te kry' en kana 'hoender' vs. kanna 'dra!'.
Estnies is in sy gebruikswêreld deur alle omringende tale beïnvloed. Daar is Oudgermaanse, Baltiese en Slawiese leenwoorde uit die tyd toe die Oosseefinse familie nog een taal vorm (voor die begin van ons jaartelling), byvoorbeeld onderskeidelik die woorde rand (strand, Germaans), sild (brug, Balties) en aken (venster, Slawies). Jonger is die groot aantal leenwoorde uit Nedersaksies, die taal van die Hanse. Die taal lyk baie soos Nederlands (meer as na Hoog-Duits), en aangesien die Estniese spelreëls op sommige punte ooreenkom met die Nederlandse, is daar 'n hele aantal woorde wat in Nederlands en ook in Afrikaans en in Estnies identies is: klooster, kaart, kroon, kraan.
Ander wyk 'n bietjie af, maar is tog heel herkenbaar: hoov (hof), triikima (stryk), pott (pot) en pann (pan). Die aantal Russiese leenwoorde uit die vorige eeu is redelik beperk. Die invloed van Engels is tans wel groot. Estnies het minder as Fins die neiging om eie, puristiese woorde te gebruik vir nuwe sake (telefon, instituut, maar wel arvuti vir rekenaar instede van die Engelse computer). Dit herinner aan die verskil tussen Afrikaans en Nederlands waar Afrikaans ook meer geneig is om nuwe woorde te gebruik terwyl Nederlands gereeld Engelse woorde aanneem.