Evander | |
---|---|
Koördinate: 26°27′S 29°6′O / 26.450°S 29.100°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Mpumalanga |
Distrik | Gert Sibande |
Munisipaliteit | Govan Mbeki |
Oppervlak | |
• Totaal | 23,78 km2 (9,18 vk. myl) |
Hoogte | 1 655 m (5 430 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 10 166 |
• Digtheid | 428/km2 (1 110/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 40.1% |
• Indiërs/Asiërs | 2.9% |
• Bruin mense | 6.7% |
• Swart mense | 49.5% |
• Ander | 0.7% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 40.7% |
• Zoeloe | 16.9% |
• Engels | 12.6% |
• Suid-Sotho | 7.4% |
• Ander | 22.4% |
Poskode (strate) | 2280 |
Poskode (posbusse) | 2280 |
Skakelkode | 017 |
Evander is 'n dorp in die Gert Sibande-distrik van die Suid-Afrikaanse provinsie Mpumalanga, sowat 120 kilometer oos van Johannesburg en 1 659 meter bo seevlak geleë. Evander is in 1955 gestig. Die dorp het sy naam ter ere van Evelyn Anderson gekry, die eggenote van 'n plaaslike mynboumaatskappy se direkteur. Evander het sy naam aan die Evanderbekken, 'n kleiner geologiese formasie buite die Witwatersrand, verleen.