Algemeen | |
---|---|
Naam | Fenol |
IUSTC-naam | Fenol |
Chemiese formule | C6H5OH |
Molêre massa | 94,11 g/mol |
CAS-nommer | 108-95-2 |
Voorkoms | Wit vastestof |
Fasegedrag | |
Selkonstantes | a = 605,0(1), b =
892,5(2), c = 1 459,4(3) pm, γ = 90.36(2) @ 123K[1] |
Ruimtegroep | P21 |
Nommer | 4 |
Smeltpunt | 40,5 °C |
Kookpunt | 181,7 °C |
Digtheid | 1,07 g/cm³ |
Oplosbaarheid | 8,3 g/100 ml (20 °C) |
Drievoudpunt | 314,06K[2] |
Kritieke temperatuur | 694,3(2)K[2] |
Kritieke druk | 60(1) [bar][2] |
ΔsublHɵ | 68,6(5) [kj/mol][2] |
ΔfHɵ (s) | -164 [kJ/mol][3] |
ΔcHɵ | -3058(10) [kJ/mol[3] |
Sɵf(s) | 143 [J/molK][3] |
Warmtekapasiteit | 127 [J/molK][3] |
Suur-basis eienskappe | |
pKa | 9.95 |
Veiligheid | |
Flitspunt | 79°C[4] |
Selfontbrandingspunt | 715°C[4] |
LD50 | 400 [mg/kg] (rot; oraal)[5] |
Tensy anders vermeld is alle data vir standaardtemperatuur en -druk toestande. | |
Portaal Chemie |
Fenol is 'n giftige, kleurlose kristalagtige vastestof met 'n soet teer geur, wat algemeen as 'n "hospitaalreuk" beskryf word. Die stof is higroskopies.[5]
Dit is 'n aromatiese verbinding wat bestaan uit 'n benseenring (fenielgroep) met 'n hidroksielgroep. Dit is die eenvoudigste voorbeeld van 'n klas organiese verbindings wat fenole genoem word. Deur die teenwoordigheid van die fenielgroep is die eienskappe van die hidroksielgroep baie anders as in 'n alifatiese alkohol, R-OH.
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)