Fordsburg | |
---|---|
Koördinate: 26°12′24″S 28°1′24″O / 26.20667°S 28.02333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Gauteng |
Munisipaliteit | Stad Johannesburg |
Oppervlak | |
• Totaal | 0,55 km2 (0,21 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 350 |
• Digtheid | 4 273/km2 (11 070/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 0.3% |
• Indiërs/Asiërs | 50.0% |
• Bruin mense | 2.1% |
• Swart mense | 46.2% |
• Ander | 1.4% |
Taal (2011) | |
• Engels | 43.6% |
• Zoeloe | 15.1% |
• Tswana | 5.0% |
• Xhosa | 4.5% |
• Ander | 31.8% |
Fordsburg is 'n voorstad van Johannesburg in Suid-Afrika in die voormalige Area 8. Dit is hoofsaaklik 'n residensiële voorstad, hoewel dit ook talle winkels en fabrieke huisves.
Vandag is Fordsburg 'n sentrum van Indiese en Pakistani-kultuur, omdat dit 'n groot Indiese en Pakistanse bevolking het. In Fordsburg is daar baie halaal-restaurante. Die Oriental Plaza wat in Fordsburg geleë is, is deur die Apartheidsregering as 'n groot winkelsentrum vir Indiërwinkels geskep. Dit is 'n groot besigheidstrekpleister in Fordsburg.