Frank Lloyd Wright | |
---|---|
Frank Lloyd Wright in 1954 | |
Gebore | Frank Lincoln Wright 8 Junie 1867 Richland Center, Wisconsin |
Sterf | 9 April 1959 (op 91) |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | argitek, binne-ontwerper, skrywer en onderwyser |
Bekend vir | Fallingwater Solomon R. Guggenheim Museum Johnson Wax Headquarters Taliesin Taliesin West Robie House Imperial Hotel, Tokio Darwin D. Martin House Unity Temple Ennis House Larkin Administration Building Dana-Thomas House Marin County Civic Center |
Handtekening | |
Frank Lloyd Wright (8 Junie 1867 – 9 April 1959) was een van die wêreld se mees prominente en invloedryke argitekte. Hy het 'n reeks hoogs individuele style ontwikkel gedurende sy buitengewoon lang loopbaan wat van 1887 tot 1959 gestrek het en hy het die rigting van Amerikaanse argitektuur en boukuns fundamenteel beïnvloed. Hy word tot vandag toe beskou as die belangrikste Amerikaanse argitek. Die 20ste-eeuse argitektuur van Frank Lloyd Wright is in 2019 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.[1]
Wright het reeds in sy eie leeftyd bekendheid verwerf. Sy kleurvolle persoonlike lewe het gereeld koerantopskrifte gehaal, vernaamlik vir die mislukking van sy eerste twee huwelike en vir die brand en moorde by sy Taliesinateljee in 1914.