Franz Kafka

Franz Kafka
Franz Kafka, omstreeks 1906
Gebore3 Julie 1883
Sterf3 Junie 1924 (op 40)
NasionaliteitVlag van Oostenryk-Hongarye Oostenryk-Hongarye
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye
BeroepRomanskrywer, kortverhaalskrywer, versekeringsbeampte
Bekend virDie Verwandlung
Der Process
Das Urteil
Das Schloss
Betrachtung
Ein Hungerkünstler
Briefe an Felice
Ouer(s)Hermann Kafka
Julie Kafka (née Löwy)
Handtekening

Franz Kafka (* 3 Julie 1883 in Praag, destyds Oostenryk-Hongarye; † 3 Junie 1924 in Kierling naby Klosterneuburg, Oostenryk; selde Tsjeggies František Kafka) was 'n Duitstalige skrywer. Sy hoofwerke sluit naas drie romans en romanfragmente (Der Prozess, Das Schloss en Amerika) 'n groot aantal verhale asook sy briefwisseling met Felice Bauer en Milena Jesenská in.

Kafka se werke is merendeels eers ná sy dood en teen sy uitgesproke wil deur sy intieme vriend, kollega en biograaf Max Brod gepubliseer en het blywende invloed op die 20ste eeuse wêreldliteratuur uitgeoefen.


Franz Kafka

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne