Franz Marx

Franz Marx
Geboorte 21 Maart 1942
Sterfte 26 September 2021 (op 79)
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, skrywer, regisseur en vervaardiger
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Franz Marx (21 Maart 1942 - 26 September 2021) was 'n Afrikaanse akteur, draaiboekskrywer, regisseur en vervaardiger.[1]
In 1969 het Kavalier Films 'n rolprent die lig laat sien wat op die lewe van die vroeëre legendariese Afrikaanse komponis Danie Bosman gegrond is. Franz Marx was in die titelrol. Ander spelers was Min Shaw (as Dorothy Bosman) en Fritz van Lingen (as Anton de Waal, 'n ander bekende in die Afrikaanse musiekwêreld van daardie tyd). Die regisseur was Elmo de Witt. [2]
Dit was een van Marx se vroeë werke, wat sou uitloop op 'n formidabele reeks ander bydraes tot die Suid-Afrikaanse TV- en rolprentbedryf, waarvan die TV-sepie Egoli: Plek van Goud (as vervaardiger) stellig die bekendste is.

  1. Who's Who SA Geargiveer 18 April 2010 op Wayback Machine, besoek op 20 Junie 2010.
  2. IMBb: Danie Bosman: Die verhaal van die grootste S.A. komponis] https://www.imdb.com/title/tt2022368/

Franz Marx

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne