Freon, of te wel chloorfluoorkoolstowwe (CFK) en waterstofchloorfluoorkoolstowwe (HCFK), is volledig of gedeeltelik gehalogeneerde koolwaterstowwe wat koolstof (C), waterstof (H), chloor (Cl) en fluoor (F) bevat en wat as vlugtige derivate van metaan, etaan en propaan geproduseer word. Hulle is ook algemeen bekend onder die DuPont handelsnaam Freon.
Die mees algemene verteenwoordiger is dichloordifluoormetaan (Freon 12). Baie CFK's is wyd gebruik as verkoelingsmiddels, dryfmiddels (in aërosoltoepassings) en oplosmiddels. Omdat CFK's tot osoonuitputting in die boonste atmosfeer bydra, is die vervaardiging van sulke verbindings onder die Montreal-protokol uitgefaseer, en hulle word vervang met ander produkte soos hidrofluoorkoolstowwe (HFC's).[1][2]