Frida Boccara

Frida Boccara
Frida Boccara in 1970
Agtergrondinligting
GeboortenaamDanielle Frida Hélène Boccara
Gebore29 Oktober 1940
Casablanca
Sterf1 Augustus 1996
Parys
GenresChanson
Beroep(e)Sangeres
Jare aktief1960–1996
EtiketteUniversal-Philips-Polydor, Disques Yvon Chateigner, Édina Music – Nocturne

Frida Boccara (Casablanca, 29 Oktober 1940Parys, 1 Augustus 1996) was 'n Franse sangeres van Joodse afkoms.

Sy is in Marokko gebore. Van kleinsaf speel musiek 'n belangrike rol in haar lewe, want sy kom uit 'n musikale gesin. Haar broer en een suster was albei ook musikante. Terwyl sy nog in Marokko was, kom sy in aanraking met die bestuurder van die Amerikaanse musiekgroep The Platters, Buck Ram, wat haar die geleentheid bied om 'n kasset met 'n verskeidenheid liedjies op te neem wat sy saam met haar na Parys sou neem. Sy vertrek per veerboot saam met haar broer en 'n suster om ligte musiek aan die Petit Conservatoire de Mireille te gaan studeer. Hier ontwikkel sy haar stem verder en konsentreer op haar diksie en interpretasie.


Frida Boccara

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne