Friedrich Schiller

Friedrich Schiller
Gebore
Johann Christoph Friedrich Schiller

10 November 1759
Marbach am Neckar, Hertogdom van Württemberg
Sterf9 Mei 1805 (op 45)
Weimar, Sakse-Weimar
Nasionaliteit Heilige Romeinse Ryk
BeroepDigter, dramaturg, skrywer, historikus, filosoof
Bekend virDie Räuber, 1781; Don Karlos, 1787; Wallenstein, 1799; Maria Stuart, 1800; Wilhelm Tell, 1804
EggenootCharlotte von Lengefeld (1790–1805, sy dood)
KindersKarl Ludwig Friedrich (1793–1857)
Ernst Friedrich Wilhelm (1796–1841)
Karoline Luise Friederike (1799–1850)
Emilie Henriette Luise (1804–1872)
Ouer(s)Johann Kaspar Schiller
Elisabeth Dorothea Kodweiß
Handtekening

Johann Christoph Friedrich von Schiller (* 10 November 1759 in Marbach am Neckar, † 9 Mei 1805 in Weimar, geadel in 1802) was 'n Duitse digter, filosoof en historikus.

Schiller word as die beduidendste Duitse dramatikus beskou, en baie van sy toneelstukke maak deel uit van die standaard-repertoire van Duitstalige teaters. In sy dramatiese bewerkings van geskiedkundige materiaal het hy veral die teenstellings tussen menslike lot en vryheid en tussen skuld en loutering getematiseer. Ook as lirikus was Schiller indvloedryk - sy gedagtes-liriek was rigtingwysend, sy ballades is van die gewildste Duitse gedigte.

Naas Christoph Martin Wieland, Johann Wolfgang von Goethe en Johann Gottfried von Herder word Schiller as die belangrikste verteenwoordiger van die sogenaamde Weimarer Klassik beskou.


Friedrich Schiller

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne