Gabbro verwys na ‘n uitgebreide groep donker, grofgreinige, intrusiewe mafiese stollingsgesteentes wat chemies ekwivalent is aan basalt. Die gesteente is intrusief, en word gevorm wanneer gesmelte magma onder die aardoppervlak vasgevang word, en afkoel na ‘n kristallyne massa. Die oorgrote deel van die aardoppervlak word onderlê deur gabbro onder die oseaanbodem, geproduseer deur basalt-magmatisme by die mid-oseaanriwwe. [1] Gabbro kan baie oud wees. Hazen et al. stel voor dat basalt, gabbro en ander mafiese gesteentes met beduidende kalsiumhoudende plagioklaas gevorm is uit magmas wat hoofsaaklik ontstaan is deur dekompressiesmelting van ultramafiese rotse en dat dit amper so lank soos ultramafiese gesteentes op Aarde teenwoordig was, waarskynlik sedert 4,56 miljard jaar geleë.[2]
{{cite journal}}
: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)