Gale is ’n krater op Mars naby die noordwestelike deel van die Aeolis Palus.[1] Dit is 154 km in deursnee[2] en die ouderdom daarvan word op sowat 3,5-3,8 miljard jaar geraam.[3] Die krater is genoem na Walter Frederick Gale, ’n amateur-sterrekundige uit die 19de eeu van Sydney, Australië.[4]
Aeolis Mons is ’n berg in die middel van Gale; dit is sowat 5,5 km hoog.[5][6]Aeolis Palus is die vlakte tussen die noordelike wal van Gale en die noordelike voetheuwels van Aeolis Mons.[5][6]Peace Vallis[7] loop van die kraterheuwels na die Aeolis Palus daaronder en lyk of dit uitgekerf is deur vloeiende water.[8][9]
Die Nasa-verkenningstuig Curiosity het op 6 Augustus 2012 daarnaby geland.[10] Curiosity verken Aeolis Mons en omliggende gebiede.
↑Wood, Harley. "Biography – Walter Frederick Gale". ADB.anu.edu.au (in Engels). Australian Dictionary of Biography. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 Mei 2020. Besoek op 18 Augustus 2012.