Gangtok is die hoofstad en digsbevolkte stad van die Indiese deelstaat Sikkim. Die setel van die gelyknamige distrik, Gangtok, is in die oostelike Himalaja-reeks, op 'n hoogte van 1 650 m. Die stad se bevolking van 100 000 bestaan uit die drie Sikkimese etnisiteite: die Bhutias, Lepchas, Nepalis sowel as plattelanders uit ander state van Indië. Geleë binne die hoër pieke van die Himalajas en met 'n milde, gematigde klimaat regdeur die jaar, vorm Gangtok in die kern van Sikkim se toerismebedryf.
Gangtok het bekendheid verwerf as 'n gewilde Boeddhistiese pelgrimstogplek ná die aanbou van die Enchey-klooster in 1840. In 1894 het die regerende Sikkimese Chogyal, Thutob Namgyal, die hoofstad na Gangtok oorgeplaas. In die vroeë 20ste eeu het Gangtok 'n belangrike oornagplek op die handelsroete tussen Lhasa in Tibet en stede soos Kolkata in Brits-Indië geword. Nadat Indië sy onafhanklikheid van die Britse Ryk in 1947 verkry het, het Sikkim verkies om 'n onafhanklike monargie te bly, met Gangtok as sy hoofstad. Ná Sikkim se samesmelting met Indië in 1975, het Gangtok voortbestaan as die hoofstad van die deelstaat.