Kaart | Vlag |
Wapen | |
Land | Somalië |
Provinsie | Puntland |
Koördinate | 08°24′N 48°29′O / 8.400°N 48.483°O |
Gestig op | |
Oppervlakte: | |
- Totaal | vk km |
Hoogte bo seevlak | m |
Bevolking: | |
- Totaal (2010) | 33 686 |
- Bevolkingsdigtheid | /vk km |
Tydsone | UTC +03:00 |
Burgemeester |
Garoowe (Arabies: غاروي, ook Garōwe, Garowe, Gaarowe or Garoe) is die hoofstad van die omstrede gebied Puntland en van die streek Nugaal in Somalië. Die stad het 33 686 inwoners.
Garowe is in die Nugaalvallei geleë, begrens deur geleidelik stygende hoë plato's wat oor die algemeen hoogtes van 500 tot 1 000 meter bo seespieël in die noorde, weste en suide bereik. Die westelike deel van dieselfde plato word deur talle valleie en droë waterlope gekruis. Bok- en kameelboerdery vorm die basis van die ekonomie, en wierook en mirre word van wilde bome versamel.[1]