Gayton McKenzie

Gayton McKenzie

Minister van Sport, Kuns en Kultuur
Ampsbekleër
Termynaanvang
1 Julie 2024
President Cyril Ramaphosa
Voorafgegaan deur Zizi Kodwa

President van die Patriotic Alliance
Ampsbekleër
Termynaanvang
30 November 2013

Persoonlike besonderhede
Gebore 10 Maart 1970 (1970-03-10)
Heidedal, Bloemfontein
Politieke party Patriotic Alliance
Eggenoot/-note Nicolette Joubert (get. 2003)

Gayton McKenzie (gebore 10 Maart 1974) is 'n Suid-Afrikaanse politikus wat sedert 1 Julie 2024 as Minister van Sport, Kuns en Kultuur dien. Hy is ook die president van die Patriotic Alliance politieke party.[1]

Hy is 'n voormalige misdadiger wat vir 17 jaar tronk toe gestuur is weens roof.[2][3][4] Hy is 'n sakeman, motiveringspreker, skrywer en voormalige Uitvoerende Burgemeester van die Sentraal-Karoo-distriksmunisipaliteit in Suid-Afrika. Hy het in die vroeë 2000's bekendheid verwerf vir sy rol in 'n tronk-onthulling wat uiteindelik gelei het tot sy vroeë vrylating te midde van 'n ondersoek na korrupsie in tronke deur die Jali-kommissie van ondersoek.[5] McKenzie het grootgeword in die Heidedal-woonbuurt van Bloemfontein, Suid-Afrika.[6]

  1. McKenzie, Gayton. "Thug to Thug - Gayton McKenzie's harsh open letter to Julius Malema". Times LIVE.
  2. "Gayton McKenzie: I robbed a bank before age 16". Power 98.7 (in Engels (VSA)). 11 September 2017. Besoek op 21 Januarie 2022.
  3. "Jail rape melted the ice in brutal gangster's heart". TimesLIVE (in Engels). Besoek op 21 Januarie 2022.
  4. Dolley, Caryn (30 Augustus 2021). "Road to Local ELections: What do a gangster, a pastor and sushi have in common? The Patriotic Alliance". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 21 Januarie 2022.
  5. "COMMISSION OF INQUIRY INTO ALLEGED INCIDENTS OF CORRUPTION, MALADMINISTRATION, VIOLENCE OR INTIMIDATION INTO THE DEPARTMENT OF CORRECTIONAL SERVICES APPOINTED BY ORDER OF THE PRESIDENT OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA IN TERMS OF PROCLAMATION NO. 135 OF 2001, AS AMENDED" (PDF). Government Communication and Information System (in Engels). Besoek op 5 Junie 2024.
  6. Khumalo, Juniour. "Patriotic Alliance's Gayton McKenzie accused of lies, deceit by residents of his former home town". News24 (in Engels (VSA)). Besoek op 21 Januarie 2022.

Gayton McKenzie

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne