Hierdie artikel is deel van 'n reeks oor |
Alternatiewe medisyne, pseudomedisyne en skynwetenskappe |
---|
Skynmedisyne en skynwetenskap
|
Samesweringsteorieë
|
Tradisionele medisyne
|
Diagnose
|
Die geheue van water is die beweerde vermoë van water om 'n "geheue" te behou van stowwe wat voorheen daarin opgelos was, selfs na 'n arbitrêre aantal reeksverdunnings. Dit word as 'n meganisme aangevoer waardeur homeopatiese middels sou kon werk, selfs wanneer hulle verdun is tot op die punt dat nie 'n enkele molekule van die oorspronklike stof oorbly nie.
Die geheue van water is nie met standaard fisiese chemie versoenbaar nie en word nie deur die wetenskaplike gemeenskap aanvaar nie. In 1988 het Jacques Benveniste 'n omstrede studie in Nature gepubliseer wat 'n watergeheue effek ondersteun het. Die studie is vergesel deur kommentaar van redakteur John Maddox wat lesers aangeraai het om hulle eie oordeel voor te behou totdat die resultate gereproduseer sou word. In die jare na die publikasie is verskeie eksperimente uitgevoer deur Benveniste se span, die VSA se Departement van Verdediging,[1] BBC se Horizon program en ander navorsers. Geen span het egter ooit Benveniste se resultate onder beheerde toestande herhaal nie.