George Morgan

Ds. George Morgan, eerste leraar van die NG gemeente Somerset-Oos van 1825–1841.

Ds. George Morgan (Aberdeenshire 1798Rouxville 18 Mei 1880) was een van die Skotse predikante wat goewerneur lord Charles Somerset na Suid-Afrika laat kom het om die tekort aan predikante in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te verlig, maar ook om die Kaapse regering met sy oogmerk te help om die Hollandse bevolking te verengels. Die ander predikante wat onder die eerste twee groepe uit Skotland was en wat almal leraars in gemeentes in die Derde (Graaff-Reinetse) Ring geword het, is di. Andrew Murray sr. (NG gemeente Graaff-Reinet), Colin Fraser (NG gemeente Beaufort-Wes), Thomas Reid (NG gemeente Colesberg), Alexander Smith (NG gemeente Uitenhage) en Alexander Welsh (Glen Lynden). (Selfs nog tot in die jare sewentig van die vorige eeu is Kaapstad in die Jaarboek van die NG Kerke aangedui as die eerste Ring van die Kaapse Kerk, Swellendam die tweede en Graaff-Reinet die derde.)


George Morgan

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne