Gereformeerde kerk Bethlehem

Gereformeerde kerk Bethlehem
Sluit in  Bethlehem
Clarens
Golden Gate
Paul Roux
Denominasie  Gereformeerd
Klassis  Oos-Vrystaat
Huidige predikant(e)  A.L. (Abri) Pelser
Belydende lidmate  249
Dooplidmate  48
Adres H.v. Cambridge- en
Wesselstraat
Bethlehem
Geskiedenis
Stigtingsdatum  24 April 1920
Afgestig van  Lindley
Eerste predikant  A.L. Aucamp (1937–'42)
Die Gereformeerde kerk Bethlehem.
Ds. J.L. de Bruin lê die hoeksteen van die kerkgebou op 4 Mei 1946.

Die Gereformeerde kerk Bethlehem is ’n gemeente van die GKSA op die Vrystaatse dorp Bethlehem, maar dit sluit ook die dorpe Clarens, Kestell en Paul Roux asook Golden Gate in. Die gemeente was einde 2001 die grootste in die Klassis Ladybrand toe dit 304 belydende en 114 dooplidmate gehad het. Einde 2014, nadat die klassis se naam verander is na Oos-Vrystaat, het Bethlehem 253 belydende en 48 dooplidmate gehad, die tweede grootste gemeente in die klassis naas Frankfort.


Gereformeerde kerk Bethlehem

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne