Gereformeerde Kerk Brackenhof | ||
Sluit in | Suidelike dele van Johannesburg, suidelike dele van Alberton en noordelike dele van Randvaal | |
Klassis | Vaalrivier | |
Huidige predikant(e) | Paul Nel | |
Belydende lidmate | 148 | |
Dooplidmate | 19 | |
Adres | H.v. McBride- en Renonkelstraat Brackenhurst Alberton | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 24 Augustus 1996 | |
Afgestig van | Vanderbijlpark | |
Eerste predikant | Smit, Alwyn Schalk (1958–'94) |
Die Gereformeerde kerk Brackenhof is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika in die suide van die Randse dorp Alberton. Dit het op 24 Augustus 1996 tot stand gekom deur die samesmelting van die gemeentes Eikenhof (1946) en Brackenhurst (1982).