Gereformeerde kerk Clanwilliam

Gereformeerde Kerk
Clanwilliam
Vorige naam  Gereformeerde Kerk onder die Kruis
Sluit in  Calvinia
Citrusdal
Clanwilliam
Eendekuil
Elandsbaai
Garies
Klawer
Lambertsbaai
Moorreesburg
Nieuwoudtville
Lutzville
Redelinghuys
Springbok
Strandfontein
Vanrhynsdorp
Vredendal
Denominasie  Gereformeerde Kerk
Klassis  Klassis Boland
Huidige predikant(e)  S.A. (Sarel) Cilliers
(hulpdiens)
Belydende lidmate  53
Dooplidmate  8
Adres Parkstraat
Clanwilliam
Geskiedenis
Stigtingsdatum  6 Julie 1903/1914
Afgestig van  Strydenburg
Eerste predikant  J.W.J. Ryssen
(1937–1945)
Die kerkgebou in 2008.

Die Gereformeerde kerk Clanwilliam is die oudste gemeente van die GKSA in die provinsie Wes-Kaap, waar alle Gereformeerde kerke saamgegroepeer is in die Klassis Boland.

Benewens die hoofdorp, Clanwilliam, waar die kerk staan, sluit die gemeentegrense ook onder meer die dorpe Citrusdal, Eendekuil, Elandsbaai, Klawer Lambertsbaai, Moorreesburg, Lutzville, Redelinghuys, Strandfontein, Vanrhynsdorp en Vredendal in die Wes-Kaap in, en onder meer Calvinia, Garies, Nieuwoudtville en Springbok in die Noord-Kaap. Ten spyte van dié reusegebied het die gemeente in 2015 76 belydende en sewe dooplidmate gehad, vergeleke met onderskeidelik 38 en 32 in 1960 en 54 en 28 in 1997.


Gereformeerde kerk Clanwilliam

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne