Die Gereformeerde kerk Eikenhof was ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika suidwes van die Randse dorp Alberton. Dit is in 1946 gestig, maar het op 24 Augustus 1996 ophou bestaan toe dit saamgesmelt het met Gereformeerde kerk Brackenhurst (gestig in 1982) en die verenigde gemeente Brackenhof geword het.
Nadat Brackenhurst en Eikenhof saamgesmelt het, is Eikenhof se klein pyporrel oorgeplaas na die Brackenhurst-kerk, waarin die saamgestelde gemeente sedertdien aanbid. ’n Jaar of wat ná die samestelling het Brackenhof 396 belydende ’n 154 dooplidmate gehad, maar einde 2014 het dit afgeneem tot onderskeidelik 186 en 39. In die Gereformeerde Kerk se eeufeesjaar (1959) het Eikenhof, destydse die negende oudste Gereformeerde kerk aan die Oos-Rand, se belydende lidmate 93 getel en die dooplidmate 34.