Gereformeerde kerk Germiston

Gereformeerde Kerk
Germiston
Sluit in  Albermarle, Castleview
Cruywagenpark, Denlee
Delville, Dinwiddie
Driehoek, Elsburg
Elspark, Estera
Germiston
Germiston-hospitaal
Hazeldene, Hazelpark
Lambton, Lambton Gardens
Mapleton, Mimosapark,
Parkhill Gardens, Rondebult
Rosherville, Simmerpan
Tedstoneville, Wadeville
Klassis  Sentraal-Oos-Rand
Huidige predikant(e)  Jan du Preez (emeritus)
Belydende lidmate  43 (2019)
Dooplidmate  5 (2019)
Adres Lutherse kerkgeboue, Piercylaan
Parkhill Gardens, Germiston
Geskiedenis
Stigtingsdatum  12 Mei 1905
Eerste predikant  J.C. van der Walt (1916–'18)
Datum ontbind  30 Junie 2019
Vandat die gemeente sy kerkgebou verkoop het, hou hy dienste in die Evangelies-Lutherse kerk, die sg. Versöhnungskirche, oorkant die pad, waar in etlike ander gemeentes ook dienste hou.
Dr. Philippus Jacobus Stephanus de Klerk, leraar van 1924 tot 1927, sy eerste gemeente.
Die gemeente se gebouekompleks in Piercylaan, Parkhill Gardens, Germiston, waarvan ds. F.J. van Deventer die hoeksteen op 19 November 1977 gelê het. Die saal is links en die kerkgebou regs.
Die gemeente se tweede kerkgebou in Joubertstraat, ontwerp deur die argitek Pieter Dykstra, was in gebruik van 1933 tot 1977, toe die gemeente 'n nuwe kerkgebou betrek het nadat die staat die kerkperseel met die kerkgebou en -saal daarop onteien het om die Willem Cruywagen-hospitaal uit te brei.
Ds. Jan Hendrik Boneschans, leraar van 1928 tot 1946.
Die kerkgebou, gesien van die teenoorgestelde kant van die saal.
Mev. ds. J.L. van der Merwe (gebore Christina Pretorius), predikantsvrou van 1947 tot 1958.
Ds. Gideon du Plessis, leraar van 1966 tot 1973.

Die Gereformeerde kerk Germiston was die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika aan die Oos-Rand en die tweede oudste aan die Witwatersrand, naas Krugersdorp (1896). Johannesburg is ook in 1896 gestig, maar bestaan nie meer nie. Germiston het op 30 Junie 2019 ontbind.

Die Gereformeerde kerk Germiston is op 12 Mei 1905 gestig. Eers het lidmate byeengekom in ’n gebou met ’n sinkdak wat in 1909 in Middelstraat teen ’n koste van £400 opgerig is. Dié gebou is tot 1933 gebruik, maar het mettertyd te klein geword. Blykbaar het geen foto daarvan behoue gebly nie.


Gereformeerde kerk Germiston

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne