Gereformeerde kerk Gobabis
Sluit in
Botswana (Ghanzi) Distrik Gobabis
Klassis
Etosha
Huidige predikant(e)
Werner van den Heever
Belydende lidmate
217
Dooplidmate
53
Adres
H.v. Kerk- en Quinto CuanavalestraatGobabis Namibië
Geskiedenis
Stigtingsdatum
7 Junie 1937
Eerste predikant
H.F.V. Kruger 1931–1935
Die Gereformeerde kerk Gobabis, ontwerp deur Gerard Moerdyk , wat ook verantwoordelik was vir onder meer die ontwerp van die Voortrekkermonument .
Ds. H.F.V. Kruger was van 1931 tot 1935 Gobabis se eerste leraar.
Die Partikuliere Sinode van Kaapland het ds. Hendrik Stephanus van Jaarsveld, leraar van die gemeente Philipstown van 1924 tot 1946, afgevaardig om lidmate uit Angola by Gobabis te gaan opsoek. Hy het die Gereformeerde kerk Gobabis op 6 Junie 1930 gestig.
Mev. ds. J.L. van der Merwe (gebore Christina Maria Etresia van der Merwe), predikantsvrou van 1939 tot 1944.
Ds. Louis Jacobus Botha , leraar van 1946 tot 1949.
Tant Sannie Jansen van Vuuren plaas op 29 Julie 1950 'n fles met belangrike dokumente onder die hoeksteen met behulp van haar seun Piet. Links agter is Ernst Meyer, agter die ketting die bouaannemer, Smit, en regs van die ketting die argitek, Gerard Moerdyk , langs hom dr. Koos van der Merwe en heel regs in profiel, prof. W.J. Snyman, wat die hoeksteen gelê het.
Ds. Jacs van Rooyen (regs agter), leraar van 1950 tot 1957, by sy seun, ds. J.A. van Rooy (links agter), en vader, ds. Koos van Rooy (voor).
Ds. F.J. Labuschagne, leraar van 1958 tot 1966.
Ds. M.A. Kruger was as sendeling van 1963 tot 1966 aan die gemeente verbonde.
Dr. F.R.P. de Bruyn, die leraar van 1967 tot 1969.
Ds. R.J.P. du Plessis, leraar van 1982 tot 2007.
Die Gereformeerde kerk Gobabis is die oudste Gereformeerde gemeente in Namibië . Einde 2015 was dit, wat sieletal betref (300), die naasgrootste van die tradisionele Gereformeerde kerke in dié land.