Gereformeerde kerk Koffiefontein

Ds. J.A. Jooste, die leraar van 1955 tot 1959.
Die Gereformeerde kerk Koffiefontein. Die hoeksteen is in 1934 gelê.
Ds. en mev. J.L. de Bruin, predikantspaar van 1971 tot 1977.
Ds. S.A. Cilliers, predikant van 1978 tot 1982.
Die hoeksteenlegging van die kerkgebou in 1934.
Ds. Hennie en mev. Arina Briel, leraarspaar (in kombinasie) van 1991 tot 1995.
Die kerkraad saam met ds. Jan Ras, September 2008. Hy het in 2003 geëmeriteer as leraar van die Gereformeerde kerk Kimberley.

Die Gereformeerde kerk Koffiefontein is ’n gemeente van die GKSA in die Wes-Vrystaat. Buiten Koffiefontein self, omsluit die gemeentegrense ook die dorpe Luckhoff, Fauresmith en Jagersfontein, laasgenoemde twee sedert 2010 toe die Gereformeerde kerk Fauresmith ná 145 jaar ontbind het.


Gereformeerde kerk Koffiefontein

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne