Gereformeerde kerk Kroonstad

Gereformeerde kerk
Kroonstad
Sluit in  Koppies
Kroonstad
Steynsrus
Denominasie  Gereformeerd
Klassis  Noord-Vrystaat
Huidige predikant(e)  vakant
Belydende lidmate  210
Dooplidmate  39
Adres H.v. Turner- en Peckstraat
Kroonstad
Geskiedenis
Stigtingsdatum  6 Junie 1925
Eerste predikant  Jacs van Rooyen (1928–'30)
Die Gereformeerde kerk Kroonstad, ontwerp deur Gerard Moerdyk en Henry Watson.

Die Gereformeerde kerk Kroonstad is ’n gemeente van die GKSA op die Vrystaatse dorp Kroonstad, maar vandat die Gereformeerde kerk Steynsrus in 2011 ontbind het, sluit dit ook Steynsrus en distrik in.

Met 220 belydende en 42 dooplidmate was Kroonstad einde 2014 die tweede grootste Afrikaanse gemeente in die Klassis Noord-Vrystaat, naas die Gereformeerde kerk Parys, wat toe 270 belydende en 36 dooplidmate gehad het. In 1997 was Kroonstad se lidmaattal onderskeidelik 396 en 136 en in 2001 377 en 113.


Gereformeerde kerk Kroonstad

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne