Gereformeerde kerk Laeveld

Gereformeerde kerk
Laeveld
Sluit in  Giyani
Haenertsburg
Letsitele
Modjadjiskloof
Trichardtsdal
Tzaneen
Klassis  Limpopo
Huidige predikant(e)  Edmund de Beer
Belydende lidmate  321
Dooplidmate  82
Adres H.v. Claude Wheatleystraat
en Wattellaan
Tzaneen
Geskiedenis
Stigtingsdatum  31 Mei 1930
Afgestig van  Pietersburg
Eerste predikant  P.J. de Klerk 1930–1941
Ds. G.H.J. Kruger, leraar van 1951 tot 1958.
Ds. Pieter du Plessis, leraar van 1959 tot 1964, en sy vrou, Nannie.
Dr. C.J.H. Venter toe hy vierdejaarstudent aan die Teologiese Skool Potchefstroom was. Hy was predikant hier van 1965 tot 1968.
Ds. Johan Wilhelm Jansen van Ryssen, leraar van 1968 tot 1977, sy laaste gemeente.

Die Gereformeerde kerk Laeveld is die vierde oudste en die grootste van die Suid-Afrikaanse gemeentes in die GKSA se Klassis Limpopo, wat ook enkele gemeentes in die buurland Zimbabwe insluit. Einde 2015 het Laeveld 365 belydende en 97 dooplidmate gehad. Buiten die hoofdorp, Tzaneen, sluit die gemeentegrense ook Giyani, Haenertsburg, Letsitele, Modjadjiskloof (Duiwelskloof) en Trichardtsdal in.


Gereformeerde kerk Laeveld

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne