Gereformeerde kerk Middelburg, Mpumalanga | ||
Sluit in | Middelburg, Mpumalanga | |
Klassis | Lydenburg | |
Huidige predikant(e) | P.W. (Pieter) Kurpershoek | |
Belydende lidmate | 288 | |
Dooplidmate | 78 | |
Adres | H.v. John Magagula- en Bhimy Damanestraat Middelburg, Mpumalanga | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 25 Oktober 1890 | |
Afgestig van | Pretoria | |
Eerste predikant | Ds. P.S. Snyman (1891–1900) |
Die Gereformeerde kerk Middelburg, Mpumalanga (ook nog genoem Middelburg, Tvl.) is die oudste van die twee gemeentes van die GKSA op Middelburg, Mpumalanga. Dis die naasoudste gemeente van die 16 gemeentes in die Klassis Lydenburg nadat dit tot die jongste indeling lank die oudste was in die Klassis Middelburg, Tvl. Die Gereformeerde kerk Middelburg-Noord het in 1982 van Middelburg afgestig. Die Oos-Kaapse gemeente met dieselfde naam staan bekend as die Gereformeerde kerk Middelburg, Kaap.