Gereformeerde kerk Parys | ||
Vorige naam | Vredefort | |
Sluit in | Koppies Lindequesdrift Parys Vredefort | |
Denominasie | Gereformeerd | |
Klassis | Noord-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | Dr. R.M. (Rudolph) van der Merwe | |
Belydende lidmate | 236 | |
Dooplidmate | 33 | |
Adres | H.v. Van Coller- en Loopstraat, Parys | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1872 | |
Afgestig van | Aliwal-Noord | |
Eerste predikant | T.N. Venter (1907–'17) |
Die Gereformeerde kerk Parys is ’n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika met sy middelpunt op die gelyknamige Vrystaatse dorp. In 2015 was dit die grootste Afrikaanse gemeente in die GKSA se Klassis Noord-Vrystaat met 270 belydende en 36 dooplidmate.
Die gemeente is in 1872 gestig en dus die oudste van enige gemeente van die Drie Susterkerke (NG Kerk, Hervormde Kerk en Gereformeerde Kerk) in die Noord-Vrystaat. Die oudste NG gemeentes in die streek noord van Kroonstad is Frankfort (1873), Heilbron (1873), Hoopstad (1876), Vredefort (1882), Vrede (1882) en Parys (1884), almal jonger as die Gereformeerde kerk Parys (1872). Die Hervormde Kerk het dié gebied eers byna 40 jaar ná die Gereformeerde Kerk betree: Heilbron is in 1911 gestig, Parys in 1925, Sasolburg in 1955 en Vredefort in 1959.