Gereformeerde Kerk Piet Retief | ||
Sluit in | Amsterdam Dirkiesdorp Iswepe Panbult Piet Retief | |
Klassis | Piet Retief | |
Huidige predikant(e) | H.M. Stavast | |
Belydende lidmate | 87 | |
Dooplidmate | 24 | |
Adres | H.v. Noordend- en Markstraat, Piet Retief | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1875 | |
Afgestig van | Pretoria (waarskynlik) | |
Eerste predikant | M.P.A. Coetsee sr. |
Die Gereformeerde kerk Piet Retief is die oudste gemeente in die gelyknamige Klassis van die GKSA. Einde 2015 was hier 89 belydende en 28 dooplidmate vir ’n sieletal van 117, die sesde meeste in die Klassis. Die 764 lidmate van die Gereformeerde kerk Secunda is verreweg die meeste in die Klassis Piet Retief en meer as 40 persent van die totaal. Piet Retief het einde 2001 169 belydende en 71 dooplidmate gehad, wat beteken die sieletal het van toe af met meer as die helfte afgeneem, maar in 1960 was dit onderskeidelik 159 en 251, drie en ’n half keer meer as die jongste syfer.
Die Gereformeerde kerk Marthinus Wesselstroom is op 20 Februarie 1875 op die plaas Leeuwakkerstroom onder leiding van ds. J.S.L. Venter (van Pretoria gestig. Nie lank daarna nie is die distrik Marthinus Wesselstroom se naam verander na Wakkerstroom. Eers in 1890 is die gemeente se naam verander na die Gereformeerde kerk Piet Retief.