Gereformeerde Kerk Pretoria | ||
Sluit in | Middestad Capital Park Sentrale Gevangenis Emily Hobhouse-tehuis Huis Davidtsz Pretoriase Universiteit vir Tegnologie Preetoria-Wes (deels) Voortrekkerhoogte (deels) | |
Klassis | Pretoria-Moot | |
Huidige predikant(e) | Arrie Stavast | |
Belydende lidmate | 140 | |
Dooplidmate | 19 | |
Adres | H.v. W.K. Nkomo- en Kgosi Mampurustraat Pretoria | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 9 April 1859 | |
Eerste predikant | N.J.R. Swart |
Die Gereformeerde kerk op die hoek van Kerk- en Potgieterstraat in Pretoria teenoor die Krugerhuis is 'n geskiedkundige Gereformeerde kerk wat tydens die bewind van die Zuid-Afrikaansche Republiek opgerig is. Die destydse president van die ZAR, Paul Kruger, het die hoeksteen op 10 Oktober 1896, sy verjaardag, gelê. Die gebou is deur Klaas van Rijsse ontwerp en is deur Daanen en Dorlas gebou.[1]