Gereformeerde Kerk Rustenburg | ||
Sluit in | Hoërskool Rustenburg-koshuise Huis Sering en Sering-Oord vir Bejaardes Rusoord, Rustenburg- Provinsiale Hospitaal | |
Klassis | Molopo | |
Huidige predikant(e) | J.J. Venter Griffel van Wyk | |
Belydende lidmate | 302 | |
Dooplidmate | 72 | |
Adres | H.v. Postma- en Van Alphenstraat, Rustenburg | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 1859 | |
Eerste predikant | Dirk Postma (1859–'66) |
Die Gereformeerde Kerk Rustenburg is die oudste gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) nadat dit in Februarie 1859 die eerste gemeente van dié kerkverband geword het wat ds. Dirk Postma, die grondlegger van die GKSA, in Suid-Afrika gestig het.