Gereformeerde kerk Ventersburg | ||
Vorige naam | Zandrivier | |
Sluit in | Ventersburg | |
Denominasie | Gereformeerd | |
Klassis | Noord-Vrystaat | |
Huidige predikant(e) | R.L. (Roelf) Vorster (hulpdiens) | |
Belydende lidmate | 24 | |
Dooplidmate | 5 | |
Adres | Postmastraat 24 Ventersburg | |
Geskiedenis | ||
Stigtingsdatum | 24 September 1864 | |
Afgestig van | Reddersburg | |
Eerste predikant | Maarten Pelser (1877–1892) | |
Datum ingelyf | 2017 | |
Saamgesmelt met | Hennenman |
Die Gereformeerde kerk Ventersburg was 'n gemeente van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika op die Vrystaatse dorp Ventersburg. In 2014 het die gemeente 25 belydende en ses dooplidmate gehad, vergeleke met 54 en 10 in 2002 en 84 en 40 in 1959. In 2017 het die gemeente met Hennenman saamgesmelt as Ventersburg/Hennenman. Die saamgesmelte gemeente het toe 65 belydende en 11 dooplidmate gehad.