Gert Hendrik Jacobus Kruger | |
Ds. G.H.J. Kruger
| |
Naam | Gert Hendrik Jacobus Kruger |
---|---|
Geboorte | 22 Oktober 1874 Distrik Bethulie, Oranje-Vrystaat |
Sterfte | 19 Februarie 1957 (op 82) Pretoria, Suid-Afrika |
Kerkverband | Gereformeerde Kerk |
Gemeente(s) | Lydenburg (1903–1905) Barkly-Oos (1905–1926) Parys (1926–1949) |
Jare aktief | 1903–1949 |
Kweekskool | Burgersdorp |
Ds. Gert Hendrik Jacobus Kruger (distrik Bethulie, Oranje-Vrystaat, 22 Oktober 1874 – Pretoria, Suid-Afrika, 19 Februarie 1957) was in die eerste helfte van die 20ste eeu predikant in drie werkkringe van die Gereformeerde Kerk: Lydenburg-kombinasie 1903–1905, Barkly-Oos 1905–1926 en Parys 1926–1949, toe hy sy emeritaat aanvaar. ’n Seun van hom, ook ds. G.H.J. Kruger (1923–2013), was leraar van Barkly-Oos 1949–1951, Laeveld 1951–1958, Benoni 1958–1969, Benoni-Noord 1969–1977 en Durban 1977–1989, toe hy sy emeritaat aanvaar. Terwyl sy broer ds. J.H. Kruger leraar was van die kombinasie Molteno van 1907 tot 1911 en daarna tot hy emeritaat aanvaar het in 1952 van Postmasburg. In dié tyd het onder sy leiding vyf nuwe Gereformeerde kerke in Kaapland noord van die Oranjerivier tot stand gekom waar daar met sy koms daarheen net Postmasburg was.