Gert van den Bergh | |
Geboorte | 16 Oktober 1920 Johannesburg |
---|---|
Sterfte | 16 Februarie 1968 Kaapstad |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1958–1968 |
Toekennings | Erepenning vir Speelkuns |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Gert van den Bergh (1920–1968) was ’n Suid-Afrikaanse akteur.
Hy maak sy rolprentdebuut in 1942 in die dokumentêr Lig van 'n Eeu. Sy tweede rolprent (sy eerste vermaaklikheidsprent) was Pikkie se Erfenis in 1946. In 1965 ontvang Van den Bergh die Erepenning vir Speelkuns van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.
Sy vrou, Dulcie van den Bergh was ook ’n bekende aktrise. Sy seun, Regardt van den Bergh is ’n akteur, rolprentregisseur en draaiboekskrywer.