Gesonde dieet

Groen blaargroente, allium, en kruisdraende groente is die sleutel bestanddele van 'n gesonde dieet.
Gewone kleurvolle kulinêre vrugte. Appels, pere, aarbeie, lemoene, piesangs, druiwewaatlemoen, spanspek, pynappel en mango.

'n Gesonde dieet dra daartoe by om algehele gesondheid in stand te hou of te verbeter.

'n Gesonde dieet voorsien die liggaam van noodsaaklike voeding: vloeistof, voldoende essensiële aminosure afkomstig van proteïen,[1] essensiële vetsure, vitamiene, minerale, en voldoende kalorieë. 'n Gesonde dieet se behoeftes kan verkry word uit 'n verskeidenheid van plant-gebaseerde en dier-gebaseerde voedsel. 'n Gesonde dieet ondersteun energiebehoeftes en voorsien menslike voeding sonder blootstelling aan toksisiteit of oormatige gewigstoename as gevolg van oormatige hoeveelhede kos. Waar 'n tekort aan kalorieë nie 'n kwessie is nie, word 'n goed-gebalanseerde dieet – saam met oefening - belangrik geag vir die verlaging van gesondheid risiko's, soos vetsug, hartsiektes, tipe 2 diabetes, hoë bloeddruk en kanker.[2]

Verskeie voedingsgidse word gepubliseer deur mediese en staatsinstellings om die publiek op te voed oor wat hulle moet eet om gesondheid te bevorder. Voedingsetikette is verpligtend in sommige lande en stel verbruikers in staat om kos te kies gebaseer op die bestanddele wat ter sake is vir gesondheid.

Die idee van dieetterapie (om deur dieetkeuses jou gesondheid in stand te hou en swak gesondheid te verbeter) is baie oud. Dit bevat dus beide die moderne wetenskap (mediese voedingsterapie) en voor-wetenskaplike vorme van terapie (bv. dieetterapie in tradisionele Chinese medisyne).

  1. "ESSENTIAL AMINO ACID REQUIREMENTS: A REVIEW"
  2. "WHO | Promoting fruit and vegetable consumption around the world".

Gesonde dieet

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne