Gilaki گیلکی, Giləki | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Iran | |
Gebied: | Wes-Asië | |
Totale sprekers: | 2,4 miljoen[1] | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Indo-Irannees Irannees Wes-Irannees Noordwes-Irannees Kaspies Gilaki | |
Skrifstelsel: | Arabiese alfabet (Gilaki-alfabet) | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | geen | |
ISO 639-2: |
| |
ISO 639-3: | glk
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Gilaki (گیلکی, Giləki) is 'n Irannese taal wat deur sowat 2,4 miljoen mense, veral Gilaki's, in die noorde van Iran (Gilan-provinsie) langs die Kaspiese See gepraat word.
Gilaki is nou verwant aan Mazanderani en die twee tale het 'n gemeensame woordeskat.[2] Alhoewel Persies Gilaki tot 'n groot mate beïnvloed het, bly Gilaki 'n taal op sy eie met 'n Noordwes-Irannese oorsprong.[3][4] Die tale Gilaki en Mazanderani (maar geen ander Irannese tale) deel bepaalde tipologiese eienskappe met Kaukasiese tale (veral Suid-Kaukasiese tale),[5] wat die geskiedenis, etniese identiteit en 'n noue verwantskap tussen die etniese groepe van die Kaukasusstreek en beide die Gilaki's en Mazanderani's weerspieël.[6][7]
{{cite journal}}
: Cite journal requires |journal=
(hulp)