Gill-kollege

Gill-kollege
Leuse Sursum prorsusque
Gestig 1869
Tipe Staatskool
Hoof Hein van Heerden
Personeel 17
Leerlinge 302 (2013)
Grade 8-12
Stad Somerset-Oos
Provinsie Oos-Kaap
Land Suid-Afrika
Koshuis(e) Ja
Webblad http://gillcollege.webs.com/
Dr. William Gill se ruim erflating het die stigting van Gill-kollege moontlik gemaak. Hy was van 1829 tot sy dood in 1863 distrikgeneesheer van Somerset-Oos.
Dié gebou op die Gill-kampus is in 1918 ingewy.
Gill-kollege het in 1869 in dié gebou begin. Die argitek was James Bisset, wat ook onder meer verantwoordelik was vir die NG kerke Graaff-Reinet en Beaufort-Wes.
Gill-kollege se seunskoshuis, voltooi in 1892.
'n Poskaart van omstreeks 1920 met 'n foto van die skool se koshuis.
Gill-kollege soos die skool daar uitgesien het in 1935 nadat die "nuwe blok" (links op die foto) voltooi is.
Die hoeksteen van die "nuwe" gebou.

Gill-kollege is 'n dubbelmedium-, koëd-staatshoërskool op die Oos-Kaapse dorp Somerset-Oos.

Dié roemryke onderwysinstelling is in 1869 gestig as ’n hoërskool en universiteitsopleidingsentrum vir seuns en jong mans danksy ’n £23 000-erflating van dr. William Gill (1783-1863), ’n geneesheer en wolboer wat skatryk geword het deur middel van sy merinoplaas naby Kookhuis.


Gill-kollege

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne