Glynnis Breytenbach

Glynnis Breytenbach
Glynnis Breytenbach
Breytenbach in 2019

Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste
Ampsbekleër
Termynaanvang
5 Junie 2014
Voorafgegaan deur Dene Smuts

Ampsbekleër
Termynaanvang
21 Mei 2014

Persoonlike besonderhede
Gebore 9 Augustus 1960 (1960-08-09)
Politieke party Demokratiese Alliansie

Glynnis Breytenbach (gebore 9 Augustus 1960) is 'n voormalige aanklaer vir die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en 'n Parlementslid vir die Demokratiese Alliansie (DA).[1] Sy is ook die huidige Skaduminister van justisie en korrektiewe dienste asook 'n lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Demokratiese Alliansie.[2] In hierdie hoedanigheid het sy 'n beroep gedoen op 'n einde aan voortdurende politieke inmenging wat die integriteit van die NVG in die gedrang gebring het.[3][4][5][6] Haar uitgerekte dispuut met die NVG oor haar skorsing in 2012 uit sy Gespesialiseerde Handelsmisdaadeenheid is breedvoerig in die media gedek. In 2017 het sy 'n memoire, Rule of Law,[7] gepubliseer en in 2018 was sy op die kortlys vir die pos as nasionale direkteur van openbare vervolging by die NVG, maar het later haar kandidatuur teruggetrek.[8]

  1. Ferreira, Emsie (21 Mei 2014). "Glynnis Breytenbach sworn in as MP". IOL. SAPA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
  2. "DA announces 'shadow cabinet'". Times LIVE. SAPA. 5 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Junie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
  3. "Interference by political bosses is the NPA's undoing". The Times. 29 Mei 2013. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2014. Besoek op 20 Julie 2014.
  4. "DA calls for MPs to investigate NPA head". Mail & Guardian. SAPA. 11 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Julie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
  5. "Political interference blamed for NPA's woes". SABC News. 26 Junie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Julie 2014. Besoek op 20 Julie 2014.
  6. Breytenbach, Glynnis (15 Julie 2014). "The NPA's reputation is in tatters (Speech by the DA's Shadow Minister of Justice, Glynnis Breytenbach MP during the budget vote debate on Justice, Parliament, 15 Julie 2014)". Politicsweb. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Julie 2014. Besoek op 18 Julie 2014.
  7. "Rule of Law by Glynnis Breytenbach". Pan Macmillan South Africa (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.
  8. Merten, Marianne (14 November 2018). "Glynnis Breytenbach: Decision to withdraw from 'dream job' made easier due to other competent candidates". Daily Maverick (in Engels). Besoek op 2 Desember 2021.

Glynnis Breytenbach

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne