Goue Stoel

Die Goue Stoel op sy troon, die hwedom dwa (1935).
Die vlag van die Asjanti wat die Goue Stoel in die middel uitbeeld.

Die Goue Stoel (Asante-Twi: Sika dwa; volle naam Sika Dwa Kofi, "die Goue Stoel wat op ’n Vrydag gebore is") is die koninklike en goddelike troon van konings van die Asjantivolk (Asante) en was die hoogste magsimbool in die Asjantiryk.[1] Volgens legende het Okomfo Anokye, ’n hoofpriester en een van die stigters van die Asjantiryk, ’n stoel uit die hemel laat neerdaal en dit het op die skoot van die eerste Asantehene (Asjantikoning), Osei Tutu, beland.[2] Sulke stoele was tradisioneel simbolies van die hoofmanne se mag, maar daar word geglo die Goue Stoel huisves die gees[3] van die Asjanti – dié wat leef, wat dood is én wat nog gebore moet word.

  1. "African Gold-weights in the British Museum".
  2. "How the Asantehene climaxed the 20th anniversary on the Golden Stool [PHOTOS]". www.graphic.com.gh. 22 April 2019. Besoek op 18 Mei 2019.
  3. Kyerematen, A. (1969). "The Royal Stools of Ashanti". Africa: Journal of the International African Institute. 39 (1): 1–10. doi:10.2307/1157946. ISSN 0001-9720.

Goue Stoel

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne