Grahamstad Makhanda Grahamstown | |
---|---|
Stad | |
Grahamstad vanaf Fort Selwyn | |
Byname: City of Saints | |
Koördinate: 33°18′35″S 26°31′40″O / 33.30972°S 26.52778°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Sarah Baartman |
Munisipaliteit | Makana |
Stigting | 1812 |
Regering | |
• Tipe | Stadsraad |
• Uitvoerende burgemeester | Vumile Lwana (ANC) |
Oppervlak | |
• Totaal | 65,1 km2 (25,1 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 67 264 |
• Digtheid | 1 033/km2 (2 680/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 8.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Bruin mense | 11.3% |
• Swart mense | 78.9% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Xhosa | 72.2% |
• Afrikaans | 13.7% |
• Engels | 10.8% |
• Ander | 3.4% |
Poskode (strate) | 6139 |
Poskode (posbusse) | 6140 |
Skakelkode | 048 |
Webwerf | Makana Munisipaliteit |
Grahamstad (Engels: Grahamstown, Xhosa: iRhini; sedert 29 Junie 2018 amptelik Makhanda) is 'n stad in die provinsie Oos-Kaap (Suid-Afrika), sowat 125 kilometer van Gqeberha en 180 kilometer van Oos-Londen af, met 50 000 inwoners. Die stad, wat as een van die bes bewaarde Victoriaanse nedersettings buite die Britse eilande beskou word, is genoem na sy stigter, luitenant-kolonel John Graham, eerste bevelvoerende offisier van die Kaapregiment wat vanaf 1811 hier sy hoofkwartier gehad het.
Vandag funksioneer Grahamstad as die setel van die Makana Munisipaliteit en die Rhodes-universiteit. Die N2 nasionale pad loop digby Grahamstad verby.