Groot Magellaanse Wolk

Groot Magellaanse Wolk
Sterrebeeld Swaardvis en Tafel
Tipe SB(s)m[1]
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 23m 34.5s[1]
Deklinasie -69° 45′ 22″[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 163 000 (49 970 parsek)[2]
Skynbare grootte 10,75° × 9,17°[1]
Massa 1010[3]
Ander name LMC, ESO 56- G 115, PGC 17223,[1]
Lugkoördinate
05h 23m 34.5s, −69° 45′ 22″
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Groot Magellaanse Wolk (GMW) is ’n satellietsterrestelsel van die Melkweg.[4] Op ’n afstand van sowat 163 000 ligjare[2][5][6][7] is dit die naaste sterrestelsel aan die Melkweg naas die Sagittarius- Elliptiese en die moontlike Canis Major-dwergsterrestelsel (onderskeidelik 65 000 en 25 000 ligjare van hier). Gebaseer op die sigbare sterre en ’n massa van sowat 10 miljard sonmassas (M), is die deursnee van die GMW sowat 14 000 ligjare; dit is rofweg ’n honderdste van die Melkweg se deursnee.[3] Dit maak die GMW die vierde grootste sterrestelsel in die Plaaslike Groep (naas die Andromeda-sterrestelsel, die Melkweg en die Driehoek-sterrestelsel).

Die GMW word geklassifiseer as ’n Magellaanse spiraalstelsel.[8] Dit bevat ’n staaf sterre wat geometries weg van die middel lê, wat daarop dui dat dit ’n dwergspiraalstelsel met ’n staaf was voordat sy spiraalarms versteur is, moontlik deur wisselwerkings met die swaartekrag van die Klein Magellaanse Wolk (KMW) en die Melkweg.[9]

Met ’n deklinasie van sowat -70° is die GMW vanuit die Suidelike Halfrond as ’n dowwe "wolk" sigbaar. Dit lê in die sterrebeelde Swaardvis en Tafel en het in donker gebiede weg van ligbesoedeling ’n skynbare lengte van sowat 10° vir die blote oog, 20 keer die deursnee van die Maan.[10]

Daar word voorspel dat die GMW en die Melkweg oor sowat 2,4 miljard jaar sal bots.[11]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 1,4 "NASA/IPAC Extragalactic Database". Results for Large Magellanic Cloud. Besoek op 29 Oktober 2006.
  2. 2,0 2,1 Pietrzyński, G; D. Graczyk; W. Gieren; I. B. Thompson; B. Pilecki; A. Udalski; I. Soszyński; et al. (7 Maart 2013). "An eclipsing-binary distance to the Large Magellanic Cloud accurate to two per cent". Nature. 495 (7439): 76–79. arXiv:1303.2063. Bibcode:2013Natur.495...76P. doi:10.1038/nature11878. PMID 23467166.
  3. 3,0 3,1 "Magellanic Cloud". Encyclopædia Britannica. 2009. Encyclopædia Britannica Online. 30 Augustus 2009.
  4. Shattow, Genevieve; Loeb, Abraham (2009). "Implications of recent measurements of the Milky Way rotation for the orbit of the Large Magellanic Cloud". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society: Letters. 392 (1): L21–L25. arXiv:0808.0104. Bibcode:2009MNRAS.392L..21S. doi:10.1111/j.1745-3933.2008.00573.x.
  5. Macri, L. M. (2006). "A New Cepheid Distance to the Maser-Host Galaxy NGC 4258 and Its Implications for the Hubble Constant". The Astrophysical Journal. 652 (2): 1133–1149. arXiv:astro-ph/0608211. Bibcode:2006ApJ...652.1133M. doi:10.1086/508530.
  6. Freedman, Wendy L.; Madore, Barry F. (2010). "The Hubble Constant". Annual Review of Astronomy and Astrophysics. 48: 673–710. arXiv:1004.1856. Bibcode:2010ARA&A..48..673F. doi:10.1146/annurev-astro-082708-101829.
  7. Majaess, Daniel J.; Turner, David G.; Lane, David J.; Henden, Arne; Krajci, Tom (2010). "Anchoring the Universal Distance Scale via a Wesenheit Template". Journal of the American Association of Variable Star Observers. 39 (1): 122. arXiv:1007.2300. Bibcode:2011JAVSO..39..122M.
  8. Peterson, Barbara Ryden, Bradley M. (2009). Foundations of astrophysics. New York: Pearson Addison-Wesley. p. 471. ISBN 9780321595584.{{cite book}}: AS1-onderhoud: meer as een naam (link)
  9. Besla, Gurtina; Martínez-Delgado, David; Marel, Roeland P. van der; Beletsky, Yuri; Seibert, Mark; Schlafly, Edward F.; Grebel, Eva K.; Neyer, Fabian (2016). "Low Surface Brightness Imaging of the Magellanic System: Imprints of Tidal Interactions between the Clouds in the Stellar Periphery". The Astrophysical Journal (in Engels). 825 (1): 20. arXiv:1602.04222. Bibcode:2016ApJ...825...20B. doi:10.3847/0004-637X/825/1/20. ISSN 0004-637X.
  10. "Large Magellanic Cloud: spectacular from Earth's southern hemisphere | Clusters Nebulae Galaxies". EarthSky. Besoek op 17 Julie 2013.
  11. McAlpine, Stuart; Frenk, Carlos S.; Deason, Alis J.; Cautun, Marius (21 Februarie 2019). "The aftermath of the Great Collision between our Galaxy and the Large Magellanic Cloud". Monthly Notices of the Royal Astronomical Society (in Engels). 483 (2): 2185–2196. arXiv:1809.09116. Bibcode:2019MNRAS.483.2185C. doi:10.1093/mnras/sty3084. ISSN 0035-8711.

Groot Magellaanse Wolk

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne