Nota – Die rivier moet nie verwar word met die Groot-Brakrivier wat naby Mosselbaai uitmond nie.
Grootbrakrivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap, Suid-Afrika |
Hoofrivier | Groot-Visrivier |
Sytak -links | Teebusspruit |
Monding | Groot-Visrivier |
Koördinate: 31°31′12″S 25°26′38″O / 31.52000°S 25.44389°O |
Die Grootbrakrivier is 'n sytak van die Groot-Visrivier in die Oos-Kaap van Suid-Afrika.
Die rivier ontspring in die berge op die grens tussen die Noord- en Oos-Kaap, noordoos van Rosmead en noordwes van Steynsburg. Dit is naby waar die Slag van Skietnek tydens die Tweede Vryheidsoorlog in 1899 plaasgevind het.