Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Aleksandrowitsj en die van is Romanof.
Paul Aleksandrowitsj | |
---|---|
Groothertog | |
Huis | Romanof |
Vader | Aleksander II van Rusland |
Moeder | Prinses Marie van Hesse-Darmstadt |
Gebore | Katharina-paleis, Tsarskoje Selo, Sint Petersburg, Russiese Ryk | 3 Oktober 1860,
Oorlede | 28 Januarie 1919 (op 58), Petrus-en-Paulusfort, Petrograd, Sowjetunie |
Eggenote | Alexandra van Griekeland en Denemarke Olga Walerianowna Karnowitsj |
Groothertog Paul Aleksandrowitsj van Rusland (Russies: Павел Александрович; 3 Oktober 1860 - 28 Januarie 1919) was die sesde oudste seun en jongste kind van Aleksander II van Rusland en sy eerste vrou, Maria Aleksandrowna (Marie van Hesse). Hy was die broer van tsaar Aleksander III en die oom van Nikolaas II, Rusland se laaste keiser.