Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Nikolajewna en die van is Romanowa.
Anastasia Nikolajewna | |
---|---|
Anastasia, omstreeks 1914. | |
Gebore | Anastasia Nikolajewna Romanowa (Анастаси́я Никола́евна Рома́нова) 5 Junie 1901 |
Sterf | 16 Julie 1918 |
Nasionaliteit | Russies |
Titel | Groothertogin |
Ouer(s) | Nikolaas II van Rusland Aleksandra Fjodorowna |
Handtekening | |
Anastasia Nikolajewna Romanowa (Anastasia Nikolajewna Romanowa; Russies: великая княжна Анастаси́я Николаевна, welikaja knjazjna Anastasia Nikolajewna; 5 Junie 1901 — Jekaterinburg, 16 Julie 1918) was die vierde en jongste dogter van keiser Nikolaas II van Rusland en keiserin Aleksandra Fjodorowna. Sy was die jongste suster van Olga, Tatjana, Maria en Aleksei.
Anastasia is op sewentienjarige ouderdom in Jekaterinburg oorlede toe sy, haar hele familie en nog vier ander deur die Bolsjewiste doodgeskiet is. Sedert 1918 bestaan daar egter al gerugte dat sy die slagting oorleef het.