Gweru (vroeër Gwelo) | |
---|---|
Leuse(s): "Progress" | |
Koördinate: 19°25′0″S 29°50′0″O / 19.41667°S 29.83333°O | |
Land | Zimbabwe |
Provinsie | Midlands |
Hoogte | 1 410 m (4 630 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 141 260 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Gweru (voorheen Gwelo) is die hoofstad van Zimbabwe se sentrale provinsie en ook die land se vierde grootste stad, naas Harare, Bulawayo en Mutare.
Die stad is in 1894 gestig, verkry in Julie 1914 munisipale status en het stadstutus in 1971 verwerf. Die belangrikste bedryf om die stad is boerdery terwyl nywerheidsontwikkeling baie tot die stad se voorspoed bygedra het tot met die ineentsorting van die land se ekonomie ná 2000.
In 1960 was die stad se bevolking 27 290, waarvan 8 110 wit was, 500 bruin en Indiërs, en 18 680 swart. Die geraamde bevolking in 2007 was 148 935.