Hase | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | Leporidae
ten dele |
Genera | |
Pentalagus |
Hase is klein soogdiere wat aan die orde van haasagtiges (Lagomorpha) en familie van hase en konyne (Leporidae) behoort. Daar is sowat vyftig verskillende spesies van hase en konyne. Hase word oor groot dele van die wêreld aangetref.[1] Hulle leef in families en vreet hoofsaaklik gras en blare. In die natuur bly hase in gate, wat hulle self grawe. Hase is bekend vir spring en wortels vreet.
Hase het 'n komplekse sosiale struktuur (soos honde) en handhaaf 'n streng hiërargie. As hase gelukkig is, staan hulle ore regop. Wanner hulle nie goed voel nie, lê die ore plat.
Omdat hase prooidiere is, is hulle uiters versigtig in oop ruimtes. As gevaar dreig, vries en verstar hulle. Hulle het 'n wye visie wat selfs die lugruim dophou. Hulle vyande is jakkalse en honde, maar ook bere, slange en roofvoëls. Sommige mense jag ook hase. Hulle ontvlugtingsmetode is om na hul gate te hardloop, waar hulle meestal veilig is.
In die natuur het hase baie dinge om te doen. Hulle soek kos, verdedig hulle gebiede en reproduseer. Hase in gevangenskap, daarteenoor, word dikwels onvoldoende gestimuleer, wat tot gedragsprobleme en swak gesondheid kan lei. Die verwagte lewensduur van 'n haas is ongeveer 9 tot 12 jaar. Die oudste haas, sover bekend, het 18 jaar oud geword.
Hase het 'n dratyd van sowat 31 dae. Die wyfie kan 12-13 kleintjies kry, maar in buitengewone omstandighede tot 18, of so min as slegs een. Sommige mense hou hase as troeteldiere aan. Hase word ook vir hulle vleis geteel.