Harare

Harare

Kaart Wapen
Vlag
 Land Vlag van Zimbabwe Zimbabwe
 Provinsie Harare
 Koördinate 17°50′S 31°4′O / 17.833°S 31.067°O / -17.833; 31.067
 Stigting 1890
 Stadstatus 1935
 Oppervlakte:  
 - Totaal 960,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 1 490 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2009) 1 606 000
 - Bevolkingsdigtheid 2 540/vk km
 Tydsone UTC+2 (SAT)
 Burgemeester Herbert Gomba[1]
 Amptelike webwerf hararecity.co.zw

Harare (voormalig, tot 1982 Salisbury) is die hoofstad van Zimbabwe. Die stad is Zimbabwe se grootste en die land se administratiewe, kommersiële en kommunikasiemiddelpunt. Dit is 'n handelsentrum vir tabak, mielies, katoen en sitrusvrugte. Vervaardigingsbedrywe sluit tekstiele, staal en chemiese stowwe in. Goud word in die omgewing ontgin. Die bevolking is in 2009 op 1 606 000 beraam. Na ramings is sowat 'n derde van Zimbabwe se bevolking in die metropolitaanse gebied van Groter Harare saamgetrek. Groter Harare se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) word op sowat 40 persent beraam. Die informele sektor speel 'n uiters belangrike rol. So word beraam dat daagliks meer as een miljoen informele migrantehandelaars na Harare stroom om hul goedere daar te bemark.[2]

Die Robert Gabriel Mugabe Internasionale Lughawe in Harare
Jakarandabome langs Montagu Ave, Salisbury in 1975

Die stad is in 1890 deur die Pioneer Column as 'n fort gestig, 'n huurleër wat deur Cecil John Rhodes op die been gebring is. Die stad het oorspronklik as Salisbury bekendgestaan, genoem na die 3de markies van Salisbury, Robert Arthur Talbot Gascoyne-Cecil, toe eerste minister van die Verenigde Koninkryk. In 1935 is stadstatus aan Salisbury toegeken. Salisbury was die hoofstad van die Sentraal-Afrikaanse Federasie vanaf 1953 tot 1963.

Met die tweede herdenking van die Zimbabwiese onafhanklikheid op 18 April 1982 is die stad se naam na Harare verander, genoem na die Mashona-hoofman Neharawa.

Sedert vroeg in die 21ste eeu is Harare nadelig geraak deur die politieke en ekonomiese krisis wat Zimbabwe na die presidensiële verkiesing van 2002 beleef. In 2007 het Harare die eenhonderd-en-veertigste plek op die tydskrif The Economist se ranglys van die wêreld se mees leefbare stede beklee.[3]

  1. (en) "Contact Details". City of Harare. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 22 Februarie 2019.
  2. (en) Thabo Lenneiye: Harare 2040. Towards a More Inclusive City. A study by Gensler, the University of Pennsylvania School of Design, National University of Science & Technology, Old Mutual and The City of Harare. Morrisville, NC: Lulu Press 2014, bl. 14
  3. (en) Urban idylls, Economist.com.

Harare

Dodaje.pl - Ogłoszenia lokalne