Hardap | |
---|---|
Hoofstad: | Mariental |
Grootste stad: | Rehoboth |
Webwerf: | www.arc.org.na[dooie skakel] |
Hardap is een van die 14 streke van Namibië. Die streek se naam is van die Hardap-dam afgelei. Hardap se hoofdorp is Mariental en die grootste dorp is Rehoboth. In die ooste is Hardap deels in die Kalahari-woestyn geleë en in die weste in die Namibwoestyn. In die weste grens dit aan die Atlantiese Oseaan, in die suide aan ǀǀKaras, in die ooste aan Suid-Afrika en Botswana, en in die noorde aan Erongo, Khomas en Omaheke.