Harm Oost (gebore in Oostwold, provinsie Groningen, op 21 Julie 1877 – oorlede in Garsfontein, Pretoria, op 18 Mei 1964) was 'n joernalis, skrywer en politikus. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge het hom per geleentheid beskryf as "een van die kleurrykste figure in die wordingsgeskiedenis van die Afrikanervolk".[1]