Harold Godwinson | |
---|---|
Koning van Engeland | |
Huis | Wessex |
Titel | Graaf van Wessex |
Regeer | 1053–1066 |
Voorganger | Godwin |
Opvolger | -- |
Titel | Koning van Engeland |
Regeer | 5 Januarie – 14 Oktober 1066 |
Voorganger | Eduard die Belyer |
Opvolger | Edgar Adeling Willem die Veroweraar |
Eggenote | Edith Swannesha Edith van Mercië |
Kinders | Godwin Edmund Magnus Gunhilda Gytha Harold Ulf |
Gebore | c. 1022; Wessex |
Oorlede | 14 Oktober 1066; Sussex |
Vader | Godwin |
Moeder | Gytha Thorkelsdóttir |
Harold II Godwinson (1022 – 14 Oktober 1066) was van 5 Januarie 1066 tot met sy dood die laaste Angel-Saksiese koning van Engeland voor die Normandiese verowering. Hy was die seun van Godwin, Graaf van Wessex en sy tweede vrou, Gytha Thorkelsdóttir, ’n familielid van koning Sven Vurkbaard van Denemarke en Engeland.